Successfully reported
+9

Zen Tree B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Dempers Street, Charleston Hill, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Wil jy daardie egte Suid-Afrikaanse gasvryheid ervaar en terselfdertyd al die moderne geriewe geniet? Dan het jy die tuiste weg van jou eie huis af gevind. Ons is op Charleston Hill geleë, in die pragtige dorpie Paarl in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Dit is net 'n kort motorrit van Kaapstad af. Die rustige toevlugsoord sal heeltemal jou hart steel.

Hierdie versteekte juweel bevat 3 ruim slaapkamers met lugversorging op die eerste vloer, een met ‘n dubbelbed en en suite-stort, een met 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort en die derde met 2 enkelbeddens en 'n en suite-bad met stort. Twee kamers het privaat balkonne terwyl die derde een direkte toegang het tot die boonste patio. Die moderne, toegeruste kombuis, die sitkamer en 'n stoep onder en bo dra by tot die gerief van ons gaste. Ons bied gratis WiFi. Skoon beddegoed en handdoeke word voorsien. Geriewe word gedeel maar eksklusiewe gebruik van die hele eenheid kan aangevra word. T&V's geld.

‘n Smullekker egte Suid-Afrikaanse ontbyt of aandete kan as opsionele ekstra aangebied word. Ons kan voldoen aan enige spesiale vereistes vir dieet of voorkeur. Jou smaakknoppies sal behoorlik geprikkel word met ons heilsame, tuisgekweekte vrugte en groente uit ons organiese tuin wanneer dit beskikbaar is en in seisoen.

Lughawe-pendeldiense, vervoer na en van venues, dagtoere en daguitstappies, 'n veilige en betroubare sedan-taxi-diens, vroeg inklok en vroeg uitklok, wasgoed en strykwerk kan alles gereël word. Daar is veilige parkeerplek vir 2 mediumgrootte voertuie.

Die Kaapse Wynlande en Kaapse Skiereiland bied baie besienswaardighede aan besoekers, waarvan van die bestes in die wêreld net 'n kort motorrit ver is. Ons kan ook aan besoekers die beste inligting en raad rakende uitstappies en restaurante gee.

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Cherildean K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie rustig en kon ontspan. Vlekloos skoon, stil en gemaklik.
Sep 2025
Jan-Louis D
5.0
Was aangenaam. Skoon. En gerieflik. Uitstekende verblyf. Vriendelike diens en fasiliteite. Sal die plek enige tyd aanbeveel.
Aug 2024
Wilma V
5.0
Stil. Rustig. Aangenaam. Gerieflike kombuis. Pragtige en suite badkamer. Heerlike skoon, netjiese verblyf.
Mrt 2024
Britt W
4.8
Beautiful and very clean rooms. My 15-year-old son and I stayed overnight to attend a wedding at the accommodation. I would advise that...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Veronique O
4.6
Comfy place in Paarl. I was booked for a night at Zen Tree B&B and was happy with my stay. The owner is very friendly. The rooms are co...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Riaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 4 Dempers Street, Charleston Hill, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zen Tree B&B het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Dempers Street, Charleston Hill, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk1YzIxZDQ2LTVjODEtNDA0MC1iOTgwLWY1OTYzN2U2NmNjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 4 Dempers Street Charleston Hill 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7258 18.98687
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang