Successfully reported

Verified Reviews

Amathole District

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Amathole District

Rated 4.4 out of 5 based on 873 reviews.

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Ons het 7 jaar in Gonubie gebly, pragtige seedorpie."

Haga-Haga, Amathole District

OppiePlaas Country Estate

"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "

Hogsback, Amathole District

Laragh-on-Hogsback

"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."

Gonubie, Amathole District

Rosewood Self-Catering

"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."

Hogsback, Amathole District

Maple Grove Cabin

"Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek."

Chintsa (Cintsa), Amathole District

Schafli Manor

"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "

Hogsback, Amathole District

Maple Grove Cabin

"'n Belewenis van natuurskoon, watervalle, en plattelandse sjarme."

Hogsback, Amathole District

Laragh-on-Hogsback

"Ons het dit baie ongelukkig getref. Dit het ontsettend baie gereën terwyl ons daar was. Ons kon dus baie dinge nie sien of nie doen nie."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Gaan speel gerus 'n paar gaatjies op die golfbaan."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Lekker weer hierdie tyd van die jaar."

Gonubie, Amathole District

Lollee's Cottage

"Pragtig! Vriendelike mense."

Glengariff, Amathole District

Glen View Cottage

"Glengariff is a quiet, secluded venue. We had a few young family members over for a braai, and my main concern was the noise level, they did not play loud music, but they were loud in speech. I felt uncomfortable as I felt we were disturbing the peace. So it is not a place for rowdy or loud people. It is a place for a family with young children who go to bed early."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Gonubie is lekker rustig, ons was maar kort daar en sal gou weer 'n draai maak. "

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Pragtige kusdorpie met mooi skoon strand! "

Gonubie, Amathole District

South 2 Sea Gonubie

"Die gebied rondom die reviermond is goed ontwikkel vir vakansiebedrywighede, restaurante, stappaaie en parkeerplek. Die res van die kus is rotsagtig met beperkte toegang tot die see behalwe waar daar getypoele gebou is."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"MOOI SKOON EN SAL LEKKER VAKANSIE DAAR KAN HOU."

Gonubie, Amathole District

Crowned Crane B&B and Self Catering

"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."

Gonubie, Amathole District

111 Rose and Ale

"Vergelyk goed met ander kusdorpbestemmings."

Bunkers Hill, Amathole District

See More Guest House

"Bunckersheuwel is naby die golfbaan, winkelsentrum in die nabygeleë Vincent area asook Nahoonstrand met sy uitgestrekte strand en oulike koffiewinkeltjies, wat maak dat 'n mens nie ver hoef te ry om by 'n vorm van afleiding te kan uitkom nie. Dit is ook 'n rustige en skoon deel van die stad wat meer 'n plattelandse gevoel gee as jy daar is."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Gonubie is 'n mooi en skoon plek. Ek het die gebied baie rustig gevind."

Gonubie, Amathole District

111 Rose and Ale

"Ons sal enige tyd weer Gonubie toe gaan. Dit was vir ons 'n tydjie wat ons nie maklik sal vergeet nie."

Kidd's Beach, Amathole District

Coelacanth Guest House

"Awesome! Het baie veilig gevoel daar. Het opgemerk dat daar geen diefwering op die huise was nie."

Gonubie, Amathole District

111 Rose and Ale

"Gonubie het 'n heerlike strand en dit is 'n lekker plek vir kinders om te baljaar in die lagoon."

Gonubie, Amathole District

Chanteclear

"Gonubie is 'n groot geheim - dit is by ver een van die mooiste see-plekke in Suid-Afrika, maar sonder die maal en malheid van die Suidkus en ander gewilde seevakansie-plekke. Ons sal weer gaan!"

Gonubie, Amathole District

111 Rose and Ale

"Enige toeris se droombestemming. "

Page
Page 27 - Showing 781 to 810

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers