Geverifieerde Resensie
Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1189 resensies.
"Baie vriendelik en hulpvaardig met inligting oor hul omgewing van Clarens tot Ficksburg. Mooi sandsteengeboue en lekker eetplekkie."
"Fouriesburg is die plek om te gaan bly as jy Clarens toe wil gaan omdat dit meer stil is en die pryse is ook baie beter. The Windmill is die plaaslike inwoners se gunsteling eetplek en dit lyk ongelooflik mooi. Fouriesburg gee vir ons ‘n plattelandse gevoel en dit was wonderlik!"
"We did a short hike with Sani Pass and Lesotho Private Tours to some private bushman paintings. It was absolutely fantastic. Greg, our guide was super attentive to Grandad (71) who did the 6 km hike with us. The lunch that is included in this package was the best thing I have eaten in such a long time, the cook, Angie definitely knows how to impress. I would recommend doing this hike to anyone and everyone going to Himeville and vicinity, it is so worth it."
"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."
Champagne Castle, Drakensberge
Bell Park Self-catering"Monk's Cowl is 'n gunsteling by ons gesin. Dit is die beginpunt van verskeie staproetes, van rustig tot moeilik. Mense hoef nie ver te stap om die eerste waterval of woud te sien nie. Die pad is goed, teerpad, en mens kan tot daar kom met 'n sedan. Ongelukkig kon ons nie vanaf Drakensberg Sun stap nie as gevolg van vlak 2-regulasies, bel eerder vooruit om te hoor of hulle dit toelaat."
"Fouriesburg is baie klein, maar met alles wat ek glo jy kan nodig kry. Blykbaar is baie plekkies net naweke oop."
"Fantasties en ons beplan reeds 'n volgende verkenning en verblyf in die omgewing."
"Lieflike berge, asemrowende uitsig, 'n lus vir die oog. Dankie here die Drakensberge is in Suid-Afrika."
Champagne Castle, Drakensberge
Swallowfield Rondavels"Dit is te besig vir ons behoeftes, ons verkies die stil en rustige atmosfeer."
"Heel gepas is ons straatnaam: Golden Gate. Dus voel ons tuis. Die Vrystaatse Drakensbergarea is een van die mooiste plekke in ons land. Sentraal geleë. Dit is nie te ver van enige plek af nie."