Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1189 reviews.
"Die dorp bied nie veel nie maar daar is pragtige natuurskoon en historiese besienswaardighede in die omgewing."
"Die omgewing is pragtig en dit is naby genoeg aan Clarens, Golden Gate en Ficksburg om dié plekker ook te verken. Ons het heerlike wafels en koffie by die Fouriesburg Country Inn geniet en 'n middagete by die Plaas Stoep-restaurant. "
"Fouriesburg het baie basiese fasiliteite. Neem maar kruideniersware saam. Die "general dealer" op Fouriesburg het baie beperkte keuses. Daar is restaurante en slaghuis wat goed lyk, alhoewel ons dit nie besoek het nie. Naaste inkopies is Bethlehem, Clarens of Ficksburg (50 km weg)."
Northern Drakensberg, Drakensberg
Witsieshoek Mountain Lodge"Asemrowend, kalm en voedsel vir die siel."
"Daar is baie besienswaardighede in die omgewing. Dit voel veilig met baie verskillende opsies om van te kies."
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
"It may not be everyone's cup of tea, but I prefer Fouriesburg to the more touristy Clarens when visiting the region. "
"Lieflike vallei, met verskeie verblyf- en ontspanmoontlikhede"
"Lekker naby al die berg-besienswaardighede en groter hotelgeriewe as jy wil gaan kuier of lekker eet."
"Die omgewing self is pragtig, maar die dorpie laat veel na wens oor. Dit voel soos 'n derderangse dorp en het ons baie aan Zanzibar laat dink."
"Escourt-omgewing het baie mooi plekke om te sien. Die Drakensberge is naby en daar is baie om te doen. "
"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."