Verified Reviews
Gariep Dam
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gariep Dam
Rated 4.3 out of 5 based on 1122 reviews.
"Gariepdam is net vanaf die N1 hoofweg tussen JNB en CPT, wat die area stil maak sonder verkeer deur die aand. Die OK was goed gepak met voorraad, so jy het nie 'n rede om enige iets vir die aand vooraf in te pak nie."
"Installeer dalk 'n hek by die ingang om die plek veiliger te maak, dat enige iemand van die straat nie net daar kan inkom nie. Veral mense wat met waentjies of karavane reis."
"Kon nie die dam sien van waar ek was nie en het ook nie die keer die dam besoek nie, maar sal verseker daar gaan vakansie hou."
"Infrastruktuur het totaal agteruit gegaan. Pad is afgryslik met reuse gate. HEEERLIKE restaurant by vulstasie, eienaar is Hentie: vriendelikste diens, heerlike kos en perfekte gesellige samesyn met die plaaslike inwoners. Mense is vriendelik en die dam is pragtig, indien die dam en oord vol is en daar mense kuier kan dit 'n gesellige plattelandse wegbreek wees."
"Ek dink daar is baie om te doen in die omgewing. Norvalspont/konsentrasiekamp se kerkhof, eenbaanbrûe by die dam self en by Norvalspont is baie om te sien. Venterstad bied ook n wye verskeidenheid en vir Bethulie het mens 'n hele dag nodig!"
"Dis 'n ongelooflike natuurskoon. Rustig maar dink as jy 'n boot het gaan jy lekker kan baljaar vir 'n hele paar weke. Dorpie se mense is ook baie vriendelik."
"Baie lekker gebly. Sal weer so maak. Alles was baie skoon en ons het alles gehad wat ons moontlik nodig kon kry."
"Baie waardevol vir toerismebedryf en kan gerus meer adverteer as vakansiebestemming of as oorslaapbestemming op vakansiereise."
"Ons wou die natuurreservate besoek, maar almal was toe gewees vir een of ander rede. Al wat ons kon sien was die damwal en dorpie. Daar is nie veel anders om te doen nie, die oord en bote was ook toe gewees."