Geverifieerde Resensie
Gariep Dam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gariep Dam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"Die dam was 108% vol met 15 sluise oop. Wat 'n awsome gesig om te sien. Werklik 'n voorreg. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Om op 'n Sondagmiddag daar aan te kom, is moeilik as daar nie oop eetplekke is nie. Mens is nogals moeg na die lang reis en nie regtig lus om self kos te maak nie. 'n Wegneem-ete plek sal 'n groot aanwins wees."
"Ons het net oorgeslaap, so kan nie regtig kommentaar lewer oor die fasiliteite by die oord nie. Het ook nie baie tyd daar spandeer om die omgewing te verken nie."
"Mooi natuurfoto's kan daar geneem word in die oggend en aand met sononder. Regtig besondere kleure in die lug. Die dorp is stil en die lug is vars."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier. Die damwal is iets besonders en die dam wal toer is 'n moet."
"Ons het nou al by verskeie Gariep bestemmings geboek en oornag. In die algemeen was meeste van hulle 'n teleurstelling met die uitsondering van Forever Resort Gariep. Hierdie oord is altyd skoon, veilig en is dit 'n plesier om hier te oornag. Gariep as 'n vakanieverblyf? Nie maklik nie. Gariep as oorslaap? Forever Resort."
"Statisiekgewys is HFV Verwoerd-dam 'n baie impossante besienswaardigheid. Baie netjiese, skoon omgewing. In vergelyking met bv. Hartbeespoortdam is hierdie 'n 5 ster besienswaardige toeriste aantreklikheid."
"Pragtige skoon en ons in beïndruk met die natuurskoon. Diens by die restaurant by die garage was baie goed en goeie geselskap. Ons is werklik beïndruk met die plek en dankbaar vir die onlangse reën wat sonsondergang pragtig op die damwater laat blink. "