Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1354 reviews.
"Mens behoort 'n paar dae oor te bly om die dorp en omgewing te kan verken - dit is beslis die moeite werd om op pad hier 'n tydjie oor te staan."
"Besoekers aan Graaff-Reinet moet beslis Camdeboo Nasionale Park besoek, en meer spesifiek die Valley of Desolation. Verdermeer, as tyd dit toelaat, 'n uitstappie na Nieu-Bethesda sal ek hoog aanbeveel. "
"'n Lifelike dorpie waar mens gerus vir 'n ekstra dag kan oorbly. Camdeboo Nasionale Park is definitief 'n besoek werd, asook die Groot Kerk. "
"Graaff-Reinet is so clean and the people are super friendly. Loved the town, will see you guys again soon."
"Graaff-Reinet is baie goed ingestel om sy kulturele erfenis te bewaar en te benut. "
"Very hot weather. Pack clothing suitable to the season and temperature. "
"Hou van die rustigheid, asook as die aangename en vriendelike inwoners. Dorp is ook skoon en netjies! "
"As jy dink jy het al alles in en om Graaff-Reinet gesien, dan het jy nog niks gesien nie."
"Graaff-Reinet is 'n juweel. Die omgewing is baie mooi met pragtige natuurskoon. Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te besoek. Die dorpie het baie mooi oudhede."
"Camdeboo Nasionale Park was pragtig (Valley of Desolation). Enige besoeker aan Graaff-Reinet kan gerus daar aangaan."
"Ons het die Kaktus-kwekery besoek. Ek het nog nooit so 'n groot verskeidenheid kaktusse wat so groot en oud is op een plek in Suid-Afrika gesien nie. Mense moet dit regtig besoek. Het Marino en Mohair-wol daar gekoop wat ek natuurlik nie in Gauteng te koop kan kry nie. Die kerk in die hoofstraat is pragtig."
"Graaff-Reinet is die oulikste bestemming met soveel om te doen en te verken en werklik die mense daar in die winkels en verblyfplekke is besonder vriendelik. Mal oor hulle SPAR en personeel. Het al in verskeie verblyfplekke oorgebly. Sommer vir 'n naweek my sus-hulle van George daar ontmoet, want dis halfpad en ons die lekkerste naweek daar deurgebring. Wonderlike, pragtige plek. My man het met die petroljoggie, Eugene by die Engen-vulstasie langs die Spar, gespot en gesê: "Sjoe, julle is almal so vriendelik, is daar fout?" Hy het toe geantwoord: "Vir so 'n mooi plek moet die mense vriendelik wees, Meneer!" Werklik 'n lieflike plek. Ons het sommer verlief geraak op Graaffies!"