Geverifieerde Resensie
Border Area
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Border Area bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 952 resensies.
Gxarha (Morganbaai), Grens Area
Lagoon View"Dis soos 'n oase in die woestyn! Die rit oor die Kei rivier met die pond wat 'n belewenis en dan die hotel aan die anderkant was soos 'n weggesteekte juweel. Pragtige ongerepte wêreld! "
"Soos so baie van die kleiner dorpe is Maclear ook maar vuil, vol rondloperhonde en die paaie in ‘n skokkende toestand! Die omgewing en natuur is egter pragtig groen na goeie reën, jammer dat hulle nie net dinge kan onderhou nie. Was nie so ‘n gemors nie."
"Dit sal baie beter ondersteun word as die toegangsroete in 'n beter kondisie is."
"Baie rustig skoon en daar is alle winkels wat jy nodig het. Die verkeer kan erg raak in oggende uit na die N2-hoofweg. Nadeel is dat daar nie 'n afrit op die N2 van Oos-Londen kant af is nie. Daar is net die ou pad wat baie nou en sleg is."
"Unfortunately we did not spend more time there. Very nice location and the views are breathtaking. The Kei - Morgans Bay area is a gem for this country."
"There's not much to do and the water is too cold for swimming. Otherwise Gonubie is a fantastic place to stay. "
"Plaasomgewing is pragtig, Maclear dorpie het nie beïndruk nie. Maar 'n goeie oorslaap geleentheid. "
"Ons het The Aloe House as basis gebruik vir 'n troue wat by die Areena River Resort plaasgevind het - is direk langs The Aloe House. Het dus nie die naweek gebruik as ontdekkingsgeleentheid nie."
"Mooi dorpie vir rustige wegbreek. Heelwat plekke in omgewing om te besoek."
"Eerste keer in Cintsa en elke oomblik geniet. Hoop om gou terug te gaan of miskien af te tree!"
"Recommended to all. We enjoyed the best service and full compliments to them."
"A beautiful, quiet and peaceful holiday destination where the focus is on the outdoors, while affording the opportunity to fully recharge one's batteries. "
"Crawford Beach Lodge is great, however would not travel to the area if not staying at the hotel."
"Ons het die klein dorpie met die stiller strand oor die besige Desember vakansietyd baie geniet. Die omgewing is pragtig!"
"Pragtige strand en lagoon! Heerlike kos by restaurante. 'n Lekker vakansie rusplek!"
"Baie lekker plek sal weer soontoe gaan, weer was baie lekker en warm."
"Baie beïndruk. Strande is pragtig en ek dink nie mense besef hoe mooi dit is daar nie. Stad is maar vuil op meeste plekke, maar as jy weet waarheen om te gaan, sal mense aangenaam verras wees. Oos-Londen se vismark het die beste vis en chips in Suid-Afrika en Friesland beskik oor die beste melkskommel. Ek sal definitief weer Oos-Londen besoek."