Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1641 resensies.
"The current roadworks in the CBD make it a bit chaotic and the traffic is heavy. But it offers quick and easy access to the South Coast and has a wealth of interesting places to visit and activities."
"Baie mooi bestemming en awesome strande en natuur. Daar is soveel aktiwiteite om te doen op die Suidkus dat mens vir 'n jaar op vakansie moet gaan."
"Baie gewaarsku oor veiligheid by die strand en op pad strand toe, maar geen insidente gehad nie."
"Margate self is 'n vertrapping van mense. Uvongo is 'n lekker area, alhoewel die seewater baie vuil was a.g.v. die oorstrommings en al die stompe, takke en riool wat in die see in spoel. Baie keer is strande gesluit a.g.v. die toestand. Gelukkig is die strande na aan mekaar en kan jy na ander strande vir die dag gaan. Ons gunstelingstrand is Ramsgate."
"Een of twee goeie restaurante nader aan die buitewyke. Verder is die dorp erg vervalle."
"Uvongo has everything we need in walking distance but the beach is not that great at the moment but there were some lovely surrounding beaches."
"Geen water op die strand vir toilette en wasbakke nie. Sentrums het ook geen geriewe beskikbaar gehad nie. "
"Uvongo is lieflik met 'n Spar naby, 'n paar winkels om die nodige te verkry, en groot winkelsentrums en besienswaardighede is almal nie te ver weg nie."
"Ons was nie by Hibberdene se hoofstrand nie, ons het daagliks na Umzumbe-strand gereis wat so 5 km weg was. Umzumbe was skoon en ook nie té besig nie."
"Alles wat lekker is, is slegs 'n kort entjie se ry weg. Die strand net 1 km op van die woonstel was heerlik en ons het hom gereeld verkies bo ander meer bekende strande. Daar is 'n hele paar lieflike ander uitstappies binne 'n uur se ry vandaar."
"Pragtige, rustige strande met rotse vol klein getypoele waar mens talle klein seediere kan opspoor. Genoeg, veilige swemspasie beskikbaar."