Verified Reviews
Howick
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Howick
Rated 4.2 out of 5 based on 69 reviews.
"Interessante dorp met toegewyde self-doen inwoners by wie die reisiger interessante ware kan aankoop en ook van wie 'n mens baie kan leer. Uitstekende aftree- / versorgingsoorde. "
"Die Howick-waterval is aanskoulik. Dis jammer oor die plaaslike mense wat aan die bopunt van die valle klere was en ophang. Howick self is 'n plattelandse dorp en daar is amper alles wat 'n mens nodig het. "
"Nottingham Road was teleurstellend. Diens is pateties. Il Postino Restaurant was fantasties!"
"Pragtige omgewing, ideaal as basis vir verkenning van die Midlands Meander-roetes met vriendelike mense."
"Howick het my beïndruk. Daar is genoeg oulike winkeltjies en eetplekke om seker te maak dat ek weer daar sal oorbly as ons weer Midlands besoek. "
"Heerlik gekuier by Delishdish restaurant wat aanbeveel was deur die gastehuis."
"Die dorpie is baie mooi en ook naby die Midlands Meander wat die doel van ons besoek was."