Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"Tipiese Karoodorpie met baie beperkte aankoopgeleenthede. Strate was baie netjies en skoon en inwoners vriendelik. Winkels moet daaraan dink om sakkie plankies of fynhout saam met sakke hout te verkoop om vuur vinnig aan die gang te kry tydens sneeu/reënweer. Ons het tydens sneeu-neerval daar aangekom en die was onbekend, inwoners met privaat voertuie het so 10 km buite dorp motors ingewag en dan deur die draaie en afdraend tot in dorp geëskort, wonderlik om te sien daar word omgegee. Julle doen 'n wonderlike werk."
"Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik. "
"Nie kontak gehad met ander besighede in hierdie omgewing nie. Die weer en tyd tot ons beskikking het nie toegelaat om meer plekke in die omgewing te besoek nie. Sal graag wil terugkom en nog wil sien."
"Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees. "
"Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant."
"Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is. "
"Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie."
"Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk. "
"Very friendly, safe town. Actually surreal! We were pleasantly surprised by it and the people of the town. A very supportive and warm community. We can't wait to be back."
"Dit is seker die skoonste en vriendelikste dorp in Suid-Afrika! Sal definitief weer gaan kuier in Prins Albert."
"Sterre en nogmaals sterre! Doen en kyk als oor die sterre. Gemaklik om oral heen te loop en te verken!"
"Alles is baie nice in Sutherland, voel of die tyd stilgestaan het. Net die ontvangsdame by die sterrewagsentrum is vrek ongeskik gewees. Sal niemand soontoe aanbeveel nie."
"SALT besoek was fantasties en Stargazing by Sterland werklik 'n ondervinding wat ons vreeslik geniet het. "
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."