Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1907 reviews.
"My hartsplek. Stilte en rustigheid en net totale ontspanning. Die rooi duine, diere die plaaslike mense als, als, als. Sal vandag weer terug gaan."
"Ons het die Augrabiese-watervalle gaan besigtig net 'n jammerte dat die Oranjerivier kelders deur Desembermaande nie op Sondae oop is nie. Die pinkpadstal het dit opgemaak baie vriendelike ontvangs gehad waar ons het lekker wafels en roomys geëet het."
"Upington is ‘n baie netjiese dorpie met netjiese parke en oulike eetplekkies en wynproe plekkies."
"Kuruman is net soos Keimoes - dit is nie regtig ten volle geskik vir toeriste nie. Restaurante maak te vroeg saans toe en die meeste besienswaardighede, kiosks ens. is heeldag gesluit op Saterdag- en Sondagmiddae."
"Dit was ons heel eerste keer in die deel van die Kalahari en sal dit ten sterkste aanbeveel vir 'n wegbreek naweek. "
"Die omgewing is pragtig en 'n besoek aan die Augrabies Waterval is 'n belewenis!"
"Jy moet ten minste een keer 'n jaar in die Kalahari uitkom. Gaan sit op 'n rooi duin onder 'n kameeldoringboom vir 'n uur - sit net, luister en kyk. Dis magic."
"Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling."
"Lekker verblyf voor jy verder gaan. Bly oor die mooi inkopiesentrum."
"Ek is baie lief vir die droër dele van die land en dus is die Kalahari hoog op my lys."