Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Ons het Warmbad besoek en was beïndruk oor die algemene netheid en die hoeveelheid skoon swembaddens daar was. Vir 'n eerste besoek was ons in ons skik. "
"Ons het Saterdagoggend ontbyt gaan eet by Die Koffiekan. 'n Baie aangename plek om te ontspan."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Mabalingwe Itaga 619"Ons het maar min wild gesien, en baie min voëls, maar ek dink dit is normaal vir die tyd van die jaar wanneer die bome nog nie vrugte het nie."
"Pragtige natuurskoon. Die Stoep is so rustig en aangenaam dat dit self gevoel het soos vakansie!"
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Wharthog Corner Leeupoort"It is best to take all the food you need with, as the shop is very sparse and it's quite a drive to either Thabazimbi or Bela Bela if the shop doesn't have what you need. The walking/cycling is excellent. A great place to get away from city life and relax. "
"Ellisras is 'n bosveldjuweel en verdien meer toerisme en meer blootstelling."
"Ek dink persoonlik Mookgopong is 'n pragtige plek wat 'n bietjie meer besoek kan word."
"Ken dit nie rêrig nie. Weet Klein Kariba is 'n uitstekende wegbreek bestemming vir almal. "
"Het die oggend vroeg die leeupark se leeus hoor brul. Die wildtuin voel dan sommer nader!"