Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3739 resensies.
"Met wonderful, friendly people - will certainly return when the weather is a bit warmer!"
"Clarens is 'n prag dorpie met baie toeriste besienswaardighede. Golden Gate is baie naby en moet nie oorgeslaan word nie. Die majesteuse amfiteater is so 'n uur se ry. Dit is die mooiste gedeelte van die Drakensberge met 'n lekker stap teen die berg op en huisves die 2de hoogste waterval in die wêreld! (Google dit gerus!)"
"Die dorpie se ingang, vanaf Betelehem, is asemrowend mooi wat die natuur betref met indrukwekkende berge, 'n dam met ganse en 'n perd, wilgerbome wat jou wil insluk soos jy teen die opdraande uitry."
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
"Heeltemal te veel om te sien en te doen vir net 'n naweek so verseker sal ons gou weer 'n draai daar gaan maak. Die mense is vriendelik, atmosfeer fantasties. Think I'm in love with Clarens ;)"
"Ons besoek Clarens ten minste een keer 'n jaar. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Clarens is 'n wonderlike dorpie met al die kunsgalerye en wonderlike restaurantjies. Die Clarens Brewery is vir seker 'n moet op mens se "Te doen" lysie. Sal vir seker weer teruggaan."
"Ag ons het baie baie lekker gekuier en Clarens was baie mooi netjies en die winkels se personeel was te alle tye baie vriendelik. Hou so aan Clarens julle sal ons weer sien ."
"'n Pragtige dorpie, ideaal vir 'n kort naweek weg van die stad. Heerlike kuier plekkies en interessante winkeltjies. Clarens Brouerye 'n moet. "
"Heerlike ondervinding. Eerste keer wat ons in Clarens gebly het. Ek kan net vir ander toeriste die wenk gee - bespreek jou aandete (restaurant) vroegtydig anders gaan jy sonder kos slaap. Ons het nie besef hoe gewild die restaurante is nie en amper nie 'n plek gekry om by te eet Saterdagaand nie. Wonderlike plek om net te ontspan. O ja - jy moet 'n groot sak vol geld he want alles is DUUR in Clarens...but that is part of the fun!"
"Clarens is 'n baie goeie area vir 'n naweek wegbreek. Sal elke jaar daar 'n naweek bespreek en Clarens besoek."
"Clarens is die beste plekkie ooit. Ons besoek dit gereeld. En het ook 'n jaar terug daar getrou. Sal altyd en altyd teruggaan."