Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 562 resensies.
"'n Moeite-werd plek om te besoek. Moenie dit misloop nie. Gaan kyk na die boekwinkel - daar is 'n ongelooflike versamelingboeke, oud en nuut."
"Kan alles doen wat jy wil in 'n halwe dag. Ons het vir 3 dae bespreek en dit was te veel."
"Baie interessante klein dorpie , die yuk huis is definitief die moeite werd, die lantern fees was interessant om te beleef. Lekkerste pizzas by die pizza plek! Die dorpie maak baie staat op toerisme vir oorlewing en hoop mense doen moeite om daar n draai te gaan maak, dit is “old world charm”."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."
"Lekker klein dorpie met vriendelike mense en stories. Die sterrekyk kan mens vir niks verruil nie"
"Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!"
"Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie."
"Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie."
"Daar is twee plekke nl. die Uilhuis en Bethesda Art Centre (kleurling kunstenaars met uitstekende kunstige storielyn) om te gaan ervaar. Die ander kuns plekke blyk so arrogant te wees dat hulle nie in toeriste tydperk hul kunsgalerye hoef oop te maak nie. "
"'n Aangename verassing! Stap terug in tyd. Die journey is deel van die bestemming. Geen beter plek om jou pad kus toe te breek as Nieu-Bethesda nie! Hoogs aanbevole!"
"'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed."
"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
"'n Karoojuweel! 'n Gasvrye dorp wat is wat hy is, onopgesmuk en hartlik. Die Uilehuis 'n diep-dink en weer-dinkplek, maar verseker nie die enigste besienswaardigheid nie. "
"Enigste om die klein karoo dorpie te “voel” is om hom te kom ervaar. Hier waar tyd nog kom stilstaan het. Kos vir die siel. "
"Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus."
"Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid."