Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1889 resensies.
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 12"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
"Lieflike restaurante met heerlike kos te kies en te keur. Kan beslis Ryan's Kitchen aanbeveel."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 12"A lovely, clean town, definitely a place to visit again. No church?"
"The environment and the resort on its own is world class and it is definitely the place to stay at."
"Dit hang af van wat n mens of gesin wil doen. Ek werk in Wes-Afrika al vir drie maande en as ek bietjie huis toe te kom wil ek so rustige see-uitsig en private plekkie hê om te geniet. Lekker eetplekke is orals, net somer om elke hoek."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Gerda's Place"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Villa Mia 12"Croc & Hippo Tours is 'n moet, en 'n dag spandeer op die strand in Cape Vidal."
"Ballito self het al die nodige fasiliteite, maar die strand self was nie vir my geskik vir swem nie. Ek moet ook erken dat die weer heel moontlik 'n rol daarin kon speel, maar met die hoeveelheid rotse is die kanse tot besering baie groter. Daar is genoeg sitplekkies op die boardwalk om die "view" te aanskou en vir die ouer mense wat net wil ontspan. "
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 10"Pragtige plek as jy lief is vir die natuur en vir diere en hou van rustigheid."
"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Tree Top Village @ Urban Glamping"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 17"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Tree Top Village @ Urban Glamping"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Flamboyant 7"Must stay for a minimum of 4 nights stay to get to visit all attractions. "