Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1889 reviews.
"Een van ons land se top-natuurbestemmings - dis hoekom ons so dikwels besoek aflê!"
"Baie mooi strand, die lewensredders is baie vriendelik, my seuntjie van 2 jaar het sy vinger by die rotse gesny en hulle was baie hulpvaardig en vinnig pleisters op die toneel gehad. Baie dankie daarvoor! Die sambreel en stoele diens is ook fantasties - hulle is so flink en vinnig en dan nog vriendelik ook! Oor die algemeen 'n baie lekker strand wat baie familie vriendelik is!"
"Baie lekker vir 'n rustige vakansie, sal gereeld nou daar vakansie hou maar sal vervelig word vir jongmense."
"Ek is versot op St Lucia. En nou dat die mond oopgemaak word sal die visse terugkeer en dan is ons weer daar elke jaar! St Lucia bly die beste plek om te rus en te "destress". Veilig daar en te lekker!"
"Cape Vidal was awesome and is a must for every one visiting this area, the boat trip up the St Lucia Estuary was also very pleasant."
"Shaka's Rock is great if you have small children as the rock pools are lovely. But it's not great if you'd like to actually swim in the sea."
"Winkelgeriewe is nie na wense nie. Sentraliteit t.o.v. besienswaardighede is van hoogstaande gehalte!"
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."
"St Lucia is 'n pragtige kusdorpie, maar die swak dienslewering van die stadsraad is 'n probleem."
"Ballito is ons gunsteling. Dit is kleiner as Umhlanga en dus nie so besig nie. Dit voel asof jy weg is van die stad. Ignoreer die snelweg en ry eerder langs die kus na Ballito, dan geniet jy die natuurskoon en die pad is in 'n goeie toestand. Daar is genoeg eetplekke om te kuier en oorde waar jy van hulle swembaddens gebruik kan maak. Die strand is pragtig en by Ballito is daar 'n wandellaan wat jou laat stap al langs die strand. Ballito is heerlik warm in die dag, maar wanneer die son sak moet jy jou baadjie by jou hê."