Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 3570 reviews.
Clarens, Eastern Free State Highlands
La Bri"Lekker plek om te kuier en te eet, veral Clementines! "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Fairview Cottages"Pragtige dorpie met 'n baie ryk geskiedenis."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mont d’Or Clarens"Ons is baie verlief op Clarens, ongelukkig is die pryse in die verskillende winkels so dat jy nie regtig kan bekostig om iets te koop nie. Die eetplekke se pryse is nog binne perke."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Fairview Cottages"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Periwinkle Blue"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
"Die padstalletjies is 'n wonderlike deel van die omgewing. Alle reisigers moet 'n punt daarvan maak om dit te besoek. Elke dorp en distrik het 'n storie, en by hierdie stalletjies hoor jy die stories, mites en bygelowe uit die perd se bek."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Caledon Country House"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Ongeag Self Catering House"Ek wil hier aftree en begin skilder. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Courtyard Guest House"Clarens will always be any creative person's dream come true! "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Periwinkle Blue"Bly een van my gunstelinge. Art Cafe is tops."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Paddocks 6"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Die Pophuisie"'n Dorp vol geskiedenis, karakter en baie potensiaal, maar kies verblyf baie goed."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Sandstone Chameleon Guest House"Dis naby Clarens en Ficksburg."
Clarens, Eastern Free State Highlands
La Bri"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
Clarens, Eastern Free State Highlands
By the Way Gastehuis"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Die Kruik"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Twin Towers @ Fairview Estates"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Collett House"Clarens is a beautiful, clean, arty and welcoming town, we certainly will return."
Clarens, Eastern Free State Highlands
De Ark Mountain Lodge"Beste diens nog steeds Vito Restaurant/pizza. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mont d’Or Clarens"Kan dalk meer aktiwiteite daar stel en ook die wat daar is verbeter. Eetplekke se diens is swak en winkels se pryse belaglik."
Clarens, Eastern Free State Highlands
The Courtyard Guest House"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Clarens is 'n absolute wonderlike plek en ons het elke dag ietsie ander gedoen. "