Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 3570 reviews.
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Great mountain views."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Woodlands Retreat"A lovely little town. Pity the road from Johannesburg to Clarens via Vereeniging was so bad with all the potholes."
Clarens, Eastern Free State Highlands
La Poste Apartment"Vierde kuier in Clarens en daar is altyd iets nuut om te sien en doen. Pragtige dorpie wat mooi skoon gehou word deur die gaste en inwoners."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mountain Villa 238"Aangename atmosfeer - lekker baie kuierplekke, maar plek-plek duur vir 'n Vrystaatse plattelandse dorpie. Biltong ens. is bv R400/kg. So daar is van die plekkies wat bietjie die hand byt wat hulle voed, gegewe dat hulle afhanklik is van die toeriste. Maar as mens Clarens eenmaal 'n jaar vir 'n naweek besoek, is dit seker nie te duur nie (veral as mens dit vergelyk met jou brandstof om daar en terug te kom). Ry net die N3 tot by Warden en dan na Clarens. Die pad tussen Heilbron en Sasolburg is in 'n bedenklike toestand en blybaar onveilig (veral saans)."
Clarens, Eastern Free State Highlands
One The Mews"Clarens is een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika, en ons het ons tyd daar verskriklik baie geniet."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Odendaal’s Ridge"It is a very nice town and very friendly, I just wish the roads were maintained better."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Titanic View - Place of Peace"Clarens is a magical town. The people are friendly, the food and coffee are delicious and the entertainment delightful!"
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Oranje Guest Farm"Was 'n lekker stil wegkomkans en sal beslis weer gaan."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Clarens Main Street The Loft & The Studio"Perfect break away!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Hannic's Retreat"Many things to do in the area. Plan your visit ensuring you cover all your interested activities."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mountain View Manor"Clarens is 'n omgeedorp. Dit is 'n spesiale dorp wat baie het om te bied."
Clarens, Eastern Free State Highlands
V'Kansi Khaya"Roter Hahn se pryse was bietjie baie belaglik. Ons baie lekker by die brouery gekuier en geëet. Die kos daar is uitstekend en waarde vir geld."
Clarens, Eastern Free State Highlands
La Bri"Vriendelike dorp, iets vir almal. Die enigste klagte is die diens in restaurante. Oor die algemeen baie stadig."
Clarens, Eastern Free State Highlands
de Minimalist House"Beautiful town, great for hiking and exploring."
Clarens, Eastern Free State Highlands
414 Rose Cottage"Beurtkrag word klokslag toegepas, drie maal per dag vir die hele dorp. Die internet/WiFi het gesukkel om te herstel na 'n kragonderbreking maar dit was 'n algemene probleem in die dorp."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Mystic Mountain Cottage"A wonderful bohemian atmosphere and a great golf course is an added bonus."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Views"Clarens is beautiful, but the roads need some serious attention."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rosewood Corner"Dit was ons eerste besoek aan Clarens en was heeltemal anders as wat ek dit voorgestel het maar baie mooi en aangenaam. Mense is vriendelik. Groot verskeidenheid restuarante, kos was by almal heerlik maar effens aan die duur kant, nie een rekening was onder R500 vir 2 persone nie. Dus as jy daar gaan kuier op 'n begroting is selfsorg 'n beter opsie. Die winkels wat geskenke/aandenkings/snuisterye verkoop was 'n bietjie van 'n teleurstelling. Heelwat winkels verkoop dieselfde goed en meeste van die goed is duidelik herkenbaar as dit wat jy by Sjhinese winkels oraloor kry sowel as goedere wat van Indiaë af ingevoer word in 'n tyd waar daar so baie Suid-Afrikaners 'n ekstra inkomste probeer maak met oorbelle, klere en allerhande kuns goedies wat hulle self maak - kyk maar op Facebook na al die kunsgoed en maak-dit-self-groepe. As hierdie winkels se pryse ietwat laer is sal hulle heel waarskynlik meer geld maak (my opinie) - iets spesefiek wat ek opgelet het is 'n winkel wat 'n tafeldoek vir 'n 4 of 6 sitplek tafel verkoop vir R580. Die materiaal is niks besonders nie, kan by enige materiaalwinkel gekoop word en ek weet daardie tipe materiaal is nie so duur nie en dan is die afwerking boonop glad nie netjies en afgerond nie. Dit is my opinie. Na dit als sal ek beslis weer in Clarens gaan kuier want dit bly 'n ongelooflike mooi plek met die berge so rondom die dorp."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Forest Lane"Ons het al voorheen Clarens besoek, en dit was toe lekker, maar na Covid en die inperking, het Clarens sy sokkies opgetrek, met klomp nuwe eetplekke en ander winkels wat gefokus is op kliëntediens. Met almal wat dees dae besighede rate op kos, diens en veele meer kan jy nie sommer meer voortbestaan sonder om goeie kos, diens en kwaliteit te lewer nie. Well done Clarens, ons sien julle weer. Laastens, die teerpaaie na Clarens het egter n uitdaging geword. Ons het van Centurion gekom, en op die staduim is die pad tussen Warden oor Bethlehem die beste, maar ook met slaggate, so ry maar versigtig, veral as jy met 'n motor ry. Ek het self op waarskuwing van Forest Lane gekies om eerder met ons bakkie te gaan, want as on ons motor gebruik het sou ek 'n band verloor het op een plek waar en nie 'n slaggat kon mis nie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Die Kruik"Heerlike toeristedorp wat altyd fassineer met sy verskeidenheid."