Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 1643 reviews.
"Die hoofstrate na baie van die watervalle en besienswaardighede is verskriklik sleg. Daar is diep slaggate oral."
"Daar is nie veel by Kaapsehoop te doen nie, behalwe om te ry Barberton, Witrivier of Nelspruit toe. Rustig vir persone wat net wil rus."
"Die paaie is so vol slaggate dat mens eerder moet loop as ry. Tog is dit 'n interessante dorp en die uitsig oor die laeveld is baie mooi."
"Dis 'n sjarmante dorpie met huise wat dateer uit ’n ander era. Dit kan belangrik wees vir natuurliefhebbers om die weer dop te hou. Dis hooggeleë en as die dorpie bedek is met mis of dit reën aanmekaar, is die pragtige natuurverskynsels nie sigbaar nie."
"Great scenery but spoilt by litter and some poor roads. In my map book - published by tinkers - Mbombela is in the Lowveld Region and not the Panorama Route at all! Panorama ends just north of White River."
"Daar is baie om te doen. Jy betaal net tussen R10 en R50 om na die watervalle te gaan kyk. Probeer dit ook in die week doen as daar minder mense is. Baie mooi omgewing."
"Die Lift Company reg langs Mogodi Lodge trek baie Gauteng-besoekers oor naweke en raak uitsonderlik besig, dan is die Graskop-toeriste-aantreklikhede ook oorval met mense. Volgens die plaaslike Graskop-inwoners, is dit tans baie stiller en aangenamer om die toeristeplekke gedurende die week te besoek as oor naweke."
"Horse Shoe-watervalle en Bridal Veil-valle se pad is verskriklik lelik, baie slaggate. Maar as jy eers by die watervalle kom is dit so die moeite werd. Elephant Sanctuary in Hazyview is n belewenis, beslis elke sent werd."