Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Pragtige natuurskoon. Net baie hartseer om te sien hoe laag die dam se vlakke is. "
"Beautiful dam, recommend going for day visit to Forever Resort just to relax and unwind."
"Het die toer af in die dam baie geniet. Toerleier het hom uitstekend van sy taak gekwyt. "
"Oulike omgewing vir uitspan vir 'n hele paar dae. Wat 'n pluspunt sou wees, sou 'n twee-of-driebladsy A4 'print-out' wees wat iets van die Gariepdam en die oorde, natuurreservaat, ens. se ontstaansgeskiedenis vertel, bykomende besienswaardighede in die omgewing, ens. Hoe gemaak as iemand dalk die damwal van naderby sou wou besigtig, ens."
"Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland."
"Die dam is tans baie leeg maar die natuurskoon was ongelooflik. Daar is 'n oulike restaurant vir etes met baie goeie diens en die damwal is in goeie kondisie. Baie lekker plek vir foto's neem."
"Bethulie het ryk geskiedenis en moet beslis besoek word. Die omgewing is rustig en baie mooi."
"Dis 'n ongelooflike 'mega structure'', wat mens ten minste een keer moet sien."
"Gariep dam is 'n lekker wegbreek plekkie vir die naweek, maar vir jong mense mag dit dalk vervelig raak as mens langer as 'n naweek bly."
"Dalk 'n besondere plek vir watersportliefhebbers wat 'n paar dae beskikbaar het. Gariepdam is natuurlik 'n ideale halfwegstasie vir mense wat van Noord na Suid beweeg, of andersom."
"Ons was aangenaam verras met die vlak van die dam wat aansienlik voller is as ongeveer 'n jaar gelede. Die parkeerarea by die damwal was baie netjies skoon en werkers was al Sondag vroegoggend besig om by die vuilisdromme op te ruim."