Verified Reviews
Velddrif
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Velddrif
Rated 4.5 out of 5 based on 408 reviews.
"Voorwaarlik een van die mooiste plekke in ons land. So bly vir die geleentheid om dit te besoek. Sal beslis weer teruggaan."
"Die voordeel van Port Owen is dit bied 'n volledige pakket, is naby klomp dorpe, Langebaan 40 km ver, St Helena 20 km, Vredenburg 20 km, Paternoster 35 km, Dwarskersbos 15 km, Jacobsbaai 28 km, Saldanha 30 km, so jy kan elke dag na 'n ander kusdorp ry en alles besigtig en al die eetplekke toets."
"Check the seasons. We visited at the wrong time of year to see the birds and the drought did not help. Very central and the perfect stop over before going further up the coast."
"Velddrif is a lovely small country town and being located right on the Berg River and its estuaries, it's a big attraction."
"Baie mooi en skoon kusdorpie. Net jammer daar is nie baie opsies wanneer dit by uiteet kom nie. "
"Lieflike kusdorpie. Gaan eet gerus by Soverby tussen Velddrif en Dwarskersbos."
"Port Owen is 'n paradys. En 'n baie netjiese plek. Ek en Abe sal self as die Here wil daar kom aftree."
"Velddrif en Laaiplek is van my lieflingplekke met die lekkerste seekosse denkbaar. Lekker eetplekkies en ook naby Paternoster, St Helenebaai, Langebaan, Saldanah, ens. Baie om te doen. Great bestemming!"
"Lyk na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae te gaan ontspan en batterye te herlaai."
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Ons gaan baie na Port Owen toe. Ek dink dit is 'n wonderlike plek om weg te breek vir 'n naweek. 'n Mens kan regtig daar lekker rus en ontspan. Oor die algemeen is die mense daar ook baie vriendelik. My hele gesin hou van die plek."
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."