Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6855 reviews.
"See, sand .... net pragtig. Iets wat jy definitief moet ervaar. Skoonheid in eenvoud."
"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
"Daar gaan nie te veel aan nie, maar vir die persoon wat wil wegkom van alles en ver wil gaan loop op die bitter mooi lang strand is dit 'n goeie opsie. Dalk nie so 'n goeie opsie om tieners besig te hou nie. "
"Oor die algemeen 'n baie oulike dorpie. Ek sal graag daar wil woon permanent. "
"Enigste bekommernis was veiligheid, maar ek het nooit onveilig gevoel nie. Pragtige strand!"
"Ja met elke besoek brei die plek uit, sou nie wou hê dit moet nog meer uitbrei nie, want dis juis wat dit so uniek maak. Daar is nou soveel eetplekke en almal wil hul pond vleis hê. Hou pryse billik vir jul mede Suid-Afrikaners, want die geskenkwinkels is net vir oorsese besoekers wat prys aanbetref. Verder is die dorp nog skoon en almal is vriendelik."
"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."
"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."