Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 2064 reviews.
"Alles wat jy nodig het, maar teen 'n prys. Kruideniersware uiters duur in Marlothpark so koop buite."
"Puik omgewing en atmosfeer. Van die grondpaaie benodig aandag. Diens en ontvangs by hek was baie goed."
"Marloth is een van die beste plekke om te gaan vakansie hou. Marloth het gou in ons hart gekruip en sal altyd terug keer vir nog 'n belewenis. Alles is daar wat jy nodig het. Wonderlike plek vir almal, van oud tot jonk."
"Dit was beslis nie my eerste en laaste Marlothvakansie nie. Jul sal ons weer sien en dan beslis langer."
"Sekuriteit is maar altyd 'n bekommernis, maar ons het dit niks slegter ervaar as in die res van die land nie. "
"Marlothpark is 'n heerlike vakansie-destinasie as jy die regte akkommodasie het. Dis baie besig in vakansietye en oor langnaweke. Op sekere dele is Marlothpark baie raserig en hoë verkeer veral by die verskillende ingangshekke en inkopiesentrums. Verder, baie lekker."
"Marloth bied 'n heerlike bederf vir 'n natuurliefhebber. Ek sal wel graag wou sien dat slegs inheemse plante in die tuine toegelaat word."
"Marloth Park is such a gem. You can buy bails of grass, pellets for your resident animals and they will deliver fresh, divine milk tart and pastries from the local shop and it's just friendliness wherever you go."
"Great area with various budget options - close proximity to the Kruger is a bonus."
"Went to Marloth every year for a couple of years now. Everything is always well planned, best place to get away in nature."
"Veilige area met baie wild wat vrylik tussen die huise rond beweeg. Die huise is lekker afgesonder en privaat. Die Krugerwildtuin en Komatipoort is ook net om die draai."
"Elkeen wat Marlothpark besoek neem rustigheid van die natuur saam huistoe, bewaar dit vir ons nageslag."
"Dit is nou al die tweede keer wat ons daar kuier en dit bly nog besonders met die eenhede so weggesteek in die bos en die diere wat so naby kom - dit maak dit 'n buitengewone kuiertjie. Ons sal beslis weer wil gaan."
"Ons eerste kuier en beslis nie die laaste nie. Verlief geraak op die plek!"
"Diere is mak en kom tot op die stoep. Ongelooflike ervaring. Bouers het geraas en oornag op site langs ons. Dink alle bouers moet 16:00 van sites af wees. Ons het maar gedurende die dag rondgery, maar van 16:00 wil mens die rustigheid ervaar."
"Marloth is stil en alles is beskikbaar teen 'n bietjie hoër, maar dit is nie so erg nie. Daar is plek vir uiteet en ander winkels wat jy kan besoek sonder om die park te verlaat."