Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2064 resensies.
"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"
"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."
"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."
"Fantastic place, we have been quite a few times and it is always relaxing and feels like you are in the actual Kruger Park when staying at certain properties. I love the fact that the locals and permanent residence/community look after the main focus which is the environment and wild animals. It is truly a special place and every visitor should respect it and enjoy it."
"Lekker rustig buiteseisoen. Geleë teen wildtuin. Baie wild te sien. Paaie net nie goed nie!"
"Kan die eienaarsvereniging asb. net die paaie bietjie regmaak. Ek moes verskeie kere ompad ry na d ander uitkykpunte. Veral Seekoei-weg is 2x plekke onbegaanbaar vir gewone voertuie."
"Die bestuur moet oorbeweiding bestuur. Die verkoop van bokplille vir die voer van die diere moet afgeskaf word. Die diere kom gevaarlik naby die inwoners wat met 'n skielike beweging deur die diere se horings of tande van die vlakvarke ernstig beseer kan word. Die skouers van die teerpaaie verdien ook instandhouding."
"Daar is baie rondlopers wat maklik in die ruigtes kan verdwyn. Dit kan 'n veiligheid risiko wees."
"Marloth het geen bekendstelling nodig nie en die bos bied die nodige lafenis vir mens se siel."
"Die grondpaaie kort beslis aandag. Die paaie is baie verspoel en moeilik om met 'n gewone voertuig daar te ry."
"Ons was maar senuweeagtig oor die veiligheid, weens die alarm wat ons op aanvraag van die gashere saans moes aktiveer. Ons is net bekommerd dat mens op een of ander stadium daar ook deel van die misdaadstatistiek gaan word."
"Komatipoort town is very close and the shops there are very well stocked for any long stays. Roads in Marloth still require a lot of repairs because of the heavy rain damage."
"Gaan kuier - 'n netjies ligging. Goed tussen diere en naby aan die Krokodilrivier rivier. Ontspan met gasvryheid en geskenkies van eienaars. Baie dankie Carol en Mike!"
"Roads in the North of Marloth have been severely damaged by recent heavy rains."