101 Bermuda
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
101 Bermuda is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks teen die see in Ballito. Die woonstel bied 'n 180 grade-uitsig oor die see van die stoep en leefarea af.
Die woonstel op die grondverdieping het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed met 'n uittrekmatras. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, Smeg-oond en -stoof en 'n wasmasjien toegerus. Die aangrensende sitkamer lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel, bankies en 'n pragtige see-uitsig. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike braai-area en 'n omheinde swembad. Daar is ook kameras buite en 'n alarmstelsel vir ekstra gemoedsrus. Die kompleks is oorkant Willard Beach en naby die gewilde Mozambik-restaurant, die Ballito-plankpaadjie en ander geriewe in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsbeth Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 141
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 101 Bermuda het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang