101 Bermuda
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
101 Bermuda is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige kompleks op die strandfront in Ballito geleë is. Die woonstel bied 180 grade see-uitsigte vanaf die patio en leefarea.
Dié woonstel met lugversorging op die grondvloer het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer is ingerig met 'n driekwartbed wat 'n uittrekmatrasbed het. Elke slaapkamer is ook toegerus met 'n plafonwaaier. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad.
Die oopplan, goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n Smeg-oond en -stoof, sowel as 'n wasmasjien. Die aangrensende sitkamer lei na die onderdakstoep, wat 'n tafel met banke en lieflike see-uitsigte het om te bewonder. Onbeperkte WiFi-internettoegang is ook in die woonstel beskikbaar.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike braai-area en 'n volledig omheinde swembad, en daar is buitekameras en 'n alarmstelsel vir sekuriteit. Boonop is die kompleks oorkant Willard-strand, en naby die bekende Mosambiekse restaurant, die Ballito-promenade en ander geriewe in die area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsbeth Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 141
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 101 Bermuda het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang