111 On Heide
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 111 Heide Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
111 On Heide is 'n lieflike nuutgeboude 2-slaapkamer selfsorg-eenheid op die grondvloer van 'n gebou in Danabaai, Mosselbaai, en het slaapplek vir 'n maksimum van 4 gaste.
Verblyf beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, kombuis en sitarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed terwyl die tweede slaapkamer 2 driekwartbeddens het. Albei slaapkamers bied kasspasie. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is toegerus met 'n 4-plaat gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het gemaklike rusbanke en beskik oor 'n slim-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale, Showmax en Netflix, gaste moet egter met hul eie besonderhede aanmeld.
Dié eiendom spog met 'n lieflike erf met braaigeriewe voor die eenheid. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel beskikbaar.
Hierdie eenheid is 900 m se stap vanaf Danabay se tweede strand.
Die eenheid het 'n omskakelaar en 'n battery en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Esta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 111 Heide Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink 111 On Heide het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 111 Heide Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang