17 Marine Apartment 103
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Marine Drive, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
17 Marine Apartment 103 is 'n romantiese selfsorgwoonstel op die grondverdieping in Marinerylaan, Hermanus.
Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, groot yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n groot etenstafel, stoele en 'n sitarea met 'n platskerm-slim-TV met Netflix. Veselinternet is ingesluit.
Noodligte word voorsien en ononderbroke kragtoevoer is tydens beurtkrag aan die internet gekoppel.
Die sitarea lei na 'n stoep en 'n tuin. Die stoep het meubels en ingeboude braaigeriewe. Die privaat tuin het 'n buitestort en 'n houtvuurwarmbad.
'n Aangewese en veilige parkeerplek vir 1 voertuig word voorsien. Ekstra, openbare parkeerplek is voor die blok beskikbaar, indien nodig.
Hierdie woonstelblok met see-uitsigte is oorkant die fantastiese Ficks-getypoel naby die middedorp, verskeie restaurante en die bekende klipwandelpad. Neem 'n aandwandeling langs die see na die dorp vir skemerkelkies of stap oorkant die pad om te swem. Dit is die ideale basis om Hermanus en die groter Overbergstreek te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Sarah Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 44
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 17 Marine Drive, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink 17 Marine Apartment 103 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Marine Drive, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang