Successfully reported
+15

17 Marine Apartment 202 A

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Marine Drive, Apartment 202A, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 040 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

17 Marine Apartment 202 A is 'n ontwerpers-selfsorgwoonstel in die nuwe 17 Marine-kompleks in Marine-rylaan, in Hermanus. Dié kompleks met 'n see-uitsig is op 'n uitstekende plek geleë, net oorkant die pad van die fantastiese Ficks-getypoel om in te swem, en naby die middedorp, verskeie restaurante en die bekende kranswandeling.

Die woonstel werk ten volle op sonkrag sodat beurtkrag nie meer 'n bekommernis hoef te wees nie. Dit het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer-area is deel van die oopplan-kombuisie, -eetarea en -leefarea. Let wel dat hierdie woonstel nie na die see front nie, dit het net 'n gedeeltelike see-uitsig van die balkon af.

Die eerste slaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die eetarea het 'n etenstafel en die sitarea het 2 stoele en 'n slim-TV met Netflix. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, stoof, ketel, en broodrooster. Dié area lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig en 'n ingeboude braai.

Die tweede slaapkamer het 'n privaat ingang, maar kan ook vanaf die eerste slaapkamer bereik word indien gesinne met jong kinders dit verkies. Die kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort met 'n toilet en wasbak.

Daar is 'n veilige parkeerplek, en Netflix en WiFi is gratis. Let asb. op dat die hysbak en lugversorging nie tydens beurtkrag werk nie.

Let asb. dat daar aanbouings aan die gang is langsaan tot einde Oktober 2022. Die tariewe is aangepas weens enige moontlike geraas wat tydens verblyf kan plaasvind.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Sarah Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 44

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 17 Marine Drive, Apartment 202A, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink 17 Marine Apartment 202 A het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 040
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 040
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 2 040
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17 Marine Drive, Apartment 202A, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA221dbed41874c075e9c4def0452a51143602fa7525605609ee868c4fcf214bd9f41793b502f1865caade7793f94c1ec75f73?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 040 per nag, vir 4 mense 4 5 1 5 17 Marine Drive Apartment 202A 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.421444 19.236222
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang