Successfully reported
+44

21 Flamingo House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Flamingo Avenue, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 935 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

21 Flamingo House is 'n lieflike vakansiehuis in Yzerfontein en is 'n uur se ry vanaf Kaapstad. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en stapafstand vanaf die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 10 gaste en het 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer is op die boonste verdieping, en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en hierdie gaste gebruik die gesinsbadkamer. Die vyfde slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die hoofleefarea is op die boonste verdieping en het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea met sitplek vir 8 gaste en 'n sitarea met 'n slim-TV met Netflix en DStvNow asook 'n kroegarea met 'n ingeboude braai. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser in die opwasarea toegerus. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar.

Daar is nog 'n kombuisie en 'n sitarea met 'n TV op die onderste verdieping, asook 'n kuierarea met 'n pizza-oond. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond en 'n koffiemasjien toegerus. Die balkon op die boonste verdieping het 'n lieflike see-uitsig, buite-etenstafel, ingeboude braai en 'n Jacuzzi.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Yzerfontein Geverifieer

Eiendomme 48

Resensies 376

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 21 Flamingo Avenue, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink 21 Flamingo House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 935
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 935
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 5 935
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Flamingo Avenue, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8743e8534bbe1c91d410e4138092cb78528a29ee1954b9b0af35a09a0ac53371a35abccead4e3934f53004dd42c88e39d98?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 935 per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 21 Flamingo Avenue Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -33.344016 18.1633806
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang