26 Orkney Vaal
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uil Street, Unit 26 Goue Myle, Orkney, 2619, Noordwes
- Vanaf R726 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
26 Orkney Vaal is 'n selfsorgvakansiehuis in 'n vakansieoord in die dorpie Orkney. Die oord is op die Vaalrivier se oewer geleë en bied direkte toegang tot die rivier. Dit is ideaal vir 'n groot gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n tussenbadkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die leefarea bied gemaklike sitplek, 'n eetarea en 'n binnebraai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Visvang is een van die hoofaktiwiteite in die area en besoekers is welkom om hul eie bote saam te bring. Die oord is ook ideaal vir voëlkykers en stappers, want dit spog met 'n verskeidenheid wild- en voëlspesies en skilderagtige stappaadjies wat tussen die huise deur kronkel.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Estelle Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Uil Street, Unit 26 Goue Myle, Orkney, 2619, Noordwes
- Gaste dink 26 Orkney Vaal het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uil Street, Unit 26 Goue Myle, Orkney, 2619, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang