Zulu Sunrise Premium Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 McKenzie Street, Unit 26, The Bridge, St Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zulu Sunrise Luxury Apartment is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n kompleks op die skilderagtige oewer van die riviermonding, waar gaste gereeld wildbesigtigings vanaf die voorstoep kan geniet. Dit is ideaal vir gesinne, paartjies of groepe.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Al die slaapkamers het plafonwaaiers en lugversorging. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die eenheid beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, koffiemasjien en yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek. Verder is 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, tennis- en muurbalbane, 'n muntwassery en veilige parkeerplek op die perseel. Winkels, restaurante en vermaak is naby. Hierdie verblyf het 'n omsetter en word nie deur kragonderbrekings geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Wendy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 22 McKenzie Street, Unit 26, The Bridge, St Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Zulu Sunrise Premium Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 22 McKenzie Street, Unit 26, The Bridge, St Lucia Estuary, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang