Successfully reported
+42

2 Op Terblanche

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Terblanche Road, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

2 Op Terblanche bied jou 'n vreedsame tuiste in 'n boomryke woonbuurt, Bardene, in Boksburg. Ons is slegs 10 minute se ry van die lughawe af ('n pendeldiens is beskikbaar) en is dus ideaal vir gereelde besoekers of sakereisigers in dié area.

Daar is 3 individueel versierde gastekamers met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Elke kamer het 'n 32" platskerm-TV met OVHD satelliet-toegang, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi. Die gemeenskaplike ontspanningsarea bied 'n keur leesboeke, DVD/Blu-Ray. Ons bied ook dienste vir sakereisigers soos fotokopiëring, skandering- en drukgeriewe.

Word wakker en begin jou dag met 'n heerlike Kontinentale ontbyt teen 'n ekstra koste in die gerieflike eetarea of 'n wegneem-ontbytpakkie vir die doutrappers. Die gastehuis het 'n pragtige ontspanningsarea vir ligte middagetes en daar is ook 'n ingeboude braai-area en 'n kroeg. Geen alkohol word op die perseel verkoop nie en ons vra ook nie kurkgeld nie. Daar is ook glase en ys tot jou beskikking. Die ontspanningsarea en al die slaapkamers het deure wat lei na die skitterende swembad en ontwerperstuin.

Ons is binne stapafstand van 'n verskeidenheid doendinge soos 'n keuse van winkels, die Virgin Active-gimnasium en die Birchwood Hotel en Konferensiesentrum. Die Boksburg-meer is 'n gewilde plek om boot te ry, te hengel, watersport te beoefen en te gaan stap. Die East Rand Mall is een van die mees populêre en grootste winkelsentrums in Johannesburg en bied sowat 170 verskillende winkels en uitgebreide ontspanningsgeriewe. Emperor's Palace en Carnival City is albei binne 15 minute se ry van ons af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Johan B
Besigheidsreis
5.0
Neat and secure. Very nice, clean and safe. Friendly staff.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Jozua V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie lekker, vriendelike mense en rustig.
Apr 2025
Jozua V
5.0
Baie gemaklik, netjies en baie skoon. Baie lekker en mooi! Vriendelike mense.
Jan 2025
Edwin C
5.0
Lekker gebly en as ek weet in die area moet bly, sal ek beslis weer daar boek. Ek het lekker gebly. Die eienaars was vriendelik. Dis 'n lekker stil ar...
Sien meer
Sep 2024
Pranisha L
5.0
Value for money. The guests were amazing. When we returned to the guesthouse after a function at 2 a.m., they were still awake. We rece...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Andre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 2 Terblanche Road, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink 2 Op Terblanche het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Terblanche Road, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb8bc11850b8c1bcaaa08590ed402cc122aa5fe5c9baabd2ede30466c6634cf880d178b49d682c9ee7aca575a20bf0ccd9ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 90 5 1 5 2 Terblanche Road Bardene 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.177455386449 28.265515565872
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang