3 Eden Sands
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 42 Middleton Road, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
3 Eden Sands bied strandfrontverblyf in Kingsburgh en dis geskik vir sakereisigers en vakansiegangers. Die selfsorgwoonstel bied 'n see-uitsig en dis in 'n veilige kompleks met direkte toegang tot die strand. Dis ook naby verskeie winkelsentrums in die omgewing en Durban is sowat 30 km ver.
Die woonstel op die grondverdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas, ketel, broodrooster en basiese kombuisware toegerus. Die oopplan-leefarea langsaan het 'n TV met DStv. Die leefarea lei na die stoep met 'n tafel en stoele. Die woonstel het ook 'n lessenaar met 'n see-uitsig.
Die woonstel is naby die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Die eenheid het 'n geallokeerde parkeerplek onder 'n skadunet en dis in die kompleks.
Word aan die slaap gesus met die branders wat in die agtergrond breek en geniet soggens die pragtige sonsopkoms. Gaan vir lang wandelings op die strand en swem in die warm Indiese Oseaan. Dis die ideale bestemming vir strandliefhebbers.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ian & Wendy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 42 Middleton Road, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 3 Eden Sands het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 42 Middleton Road, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang