Successfully reported
+37

3 on Elizabeth

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3 Elizabeth West, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

3 on Elizabeth is 'n smaakvol gemeubileerde woonstel met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel. Hierdie woonstel is in Port Owen, tussen Laaiplek en Velddrift, geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende en is naby verskeie aktiwiteite.

Dié eenheid bied slaapplek aan 4 volwassenes, 1 kind en 'n baba. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Biede slaapkamers het 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank geskik vir 'n kind in die leefarea, asook 'n bababed indien dit benodig word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die beddens is met 100% Egiptiese katoenlinne oorgetrek en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, lugbraaier, broodrooster, elektriese braaipan, eetgerei, breekware, ketel en 'n koffiedompelpot toegerus is. Dit lei na die klein sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die privaat binnehof het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n Weber-braai, asook 2 sakke hout, 1 sak houtskool, vuuraanstekers en 'n tafel met braaitoerusting.

Daar is parkeerplek op die perseel net buite die stoep se hek vir twee motors of 'n boot beskikbaar.

Elke kamer het draagbare lampies vir beurtkrag.

Hierdie verblyf is sowat 800 m vanaf 'n plaaslike kroeg met musiekopvoerings oor naweke, 4 restaurante, 'n klein winkeltjie en 'n gin-distilleerdery waar gaste ook gin kan proe. Dié klein kompleks het ook 'n haarkapster, skoonheidsalon en 'n visvangwinkel. Gasta kan kanoes en trapbote by die marina huur of 'n bootvaart op die Atlantiese Oseaan reël. Die Bergrivier is slegs 5 minute vanaf die verblyf en gaste kan boot- en voëlkykvaarte op die rivier geniet.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Maruis Hermanus B
Gesin met tieners
5.0
Was so great, so I would like to stay a little bit longer. My stay at 3 on Elizabeth was so great; I enjoyed everything there. The hous...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Omar R
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely weekend getaway. We had an enjoyable stay. Thank you to the lovely couple for hosting us and making us feel at home. Everything ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Alexea J
Saam met vriende
5.0
Amazing! The attention to detail was amazing! We all felt so welcomed and enjoyed our stay very much. Not to mention, the hosts were in...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Ronelle S
Saam met vriende
5.0
We felt so welcome and had a great stay. Exceptional host, very friendly and generous reception. Fully equipped with everything one wou...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Hermien P
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike verblyf. Ons en ons twee hondjies het heerlik gebly hier. Die eenheid is baie goed toegerus en heelwat meer as net die nodige voorraad was ...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ron Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 3 Elizabeth West, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink 3 on Elizabeth het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    4 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3 Elizabeth West, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51250f7130958d1f197affd8141ae3dc4ad10e24e93b2136d26351f9d0ed7a5fd8700405fced01be16dea236849307fcffda?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5) 8 5 1 5 3 Elizabeth West Port Owen 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-18:00 11:00 -32.782142603596 18.153334795106

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang