32 Ocean Breeze
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 47 Ellcock Road, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
32 Ocean Breeze is 'n selfsorgwoonstel reg langs Winkelspruit se hoofstrand. Die woonstel se uitgestrekte tuine bied direkte toegang tot die strand.
Dié woonstel het 2 slaapkamers en slaapplek vir maksimum 7 gaste. Die hoofslaapkamer is en suite en ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer. Die slaapkamers het elkeen ingeboude kaste. Die badkamer beskik oor 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring. Albei slaapkamers en die sitkamer het plafonwaaiers.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond. Alle eetgerei en breekware word voorsien. Die sitkamer lei na 'n groot onderdak-patio. Daar is 'n TV met met Openview in die sitarea. Die kompleks is nie troeteldiervriendelik nie.
Tientalle gemeenskaplike braai-areas, tafels en stoele is in die kompleks beskikbaar. Daar is ook 'n lekker groot swembad en 'n kinderswembad in 'n afgesonderde, beskutte omgewing. Die hele kompleks is omhein en daar is ook onderdak-parkeerplek, 'n afstandbeheerde hek en 24 uur-sekuriteit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Wayne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 67
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 47 Ellcock Road, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 32 Ocean Breeze het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 47 Ellcock Road, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang