Successfully reported

3487 Steenbok

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Drienie V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Heerlik en rustig. Ons het elke oomblik geniet, veral my kleinkinders. Die plek is wonderlik ingerig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Morné J
Kort verblyf
4.8
Des 2024

Netjiese skoon goed toegeruste verblyf. Great diens en waarde vir geld. Huis en alles rondom die huis was skoon, netjies en reg vir besoekers. Ontvangs deur Nandos was baie vriendelik en sy diens om die plekkie netjies te hou na ons gebraai het, was groot bederf. Goeie kommunikasie van die eienaar sodat mens presies weet wat om te verwag en wat reëlings is. My vrou se behoefte om in die swembad af te koel en te kyk hoe die diere op jou erf kom eet - "priceless".

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Aug 2025

Marloth heerlik. Hierdie huis minder aangenaam. Daar is ’n slegte stinkreuk in die kombuis. Die opsigter het drain cleaner ingegooi, maar dit het niks gehelp nie. Die gasgeiser in die kombuis maak periodieke klapgeluide en is erg hinderlik deur die nag. Die beskrywing op die webtuiste sê daar is ’n bad, wasbak, toilet en stort in die badkamer. Daar is nie ’n stort in die badkamer nie. Die “homemade” stort op die boonste vloer is moontlik slegs geskik vir kinders en is onprakties. Die rusbank in die sitkamer is ook afwesig. Daar is foto’s op die webtuiste wat dieselfde plekke herhaaldelik wys. Die bewoording sê daar is ’n boma en ’n braai, maar ons kon nie die braai vind nie. Geen foto van die hoofslaapkamer word gewys nie. Die huis was wel skoon, maar dit kom slordig voor. Muurprop- en ligkabels lê oral rond. Die slaapkamer en badkamer se blinds werk nie. Die kasdeure werk ook nie goed nie. Met ons ondervinding van Marloth, is daar baie ander huise wat goedkoper en baie meer prakties is. Die huis en sy tarief pas nie bymekaar nie. Ons moes vra dat die TV se sein aangeskakel word, want dit was af. Ander mense se klere in die kamer se kas was ook onvanpas.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Tozelle
3487 Steenbok
Beste Johan, baie jammer dat jy 'n onaangename ervaring gehad het. Ek neem jou resensie ter harte en sal beslis kyk na die punte genoem; verder sal ek na die beskrywing kyk en aanpas waar veranderings aangebring is. Mag julle 'n lieflike week hê, en jammer dat jou ondervinding nie was soos die meeste van ons ander gaste nie. Ons sal werklik harder probeer.

Hannelien F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Sep 2023

Baie rustig en regtig geniet. Lekker gerus en ontspan. Huisie was oulik.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Vicky D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Jan 2023

Great outdoor space. Inside was a little small with the only inside shower being for very short people. Outside area was fabulous with many animals visiting the waterholes.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Amanda H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2022

Gerieflik, netjies, goeie waarde vir geld. Die stoepkombuis en buite stort was vir my 'n groot plus en dan kom die swembad, boma, watergat en natuurlik die dagbed buite onder die boom. Die plekkie is regtig oulik, ons het lekker gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alex K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Okt 2022

Rustigheid en tranquility. Baie netjiese huis. Gereelde beurtkrag was enigste negatief.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Owethu C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2022

Fantasties. Die plek is beslis die heel beste. Baie goed toegerus, netjies, skoon en ongelooflik rustig. Bonus is die diere wat kom eet. Nandos ook baie vriendelik en hulpvaardig.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Melissa D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Jan 2022

Die buite-area en swembad en kombuis is baie lekker en goed toegerus. Die kamers en badkamers is nie so lekker nie. Dis nie sleg nie, maar daar is baie lekkerder plekke in Marloth vir dieselfde prys.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Sonja L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2021

We had a very pleasant stay. I would certainly recommend it to others. The house is comfortable and fully equipped with everything you might need. The caretaker, Nandos, was great and very friendly. The aircon was a bonus. We really enjoyed every moment. Thank you very much.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Tozelle Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 74

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3487 Steenbok Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADHLFtQpg3ZQ2Xb9SRskt972j3Q4zbf25tHXKN3lvkbsb9qVYgJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 3487 Steenbok Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.342142940097 31.804423042522

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang