Successfully reported
+21

39 On Nile Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Nile Road, Perridgevale, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

39 On Nile Guest House bied gerieflike akkommodasie in goed toegeruste eenhede. Die gastehuis is sentraal geleë in Gqeberha (Port Elizabeth) en is stapafstand vanaf Greenacres Inkopiesentrum. Gqeberha (Port Elizabeth) is een van Suid-Afrika se gunstelingvakansiebestemmings met warm, skoon water, lang, wit strande, en 'n verskeidenheid besienswaardighede. Dit is ook een van Suid-Afrika se groot industriële sentrums.

Verblyf word aangebied in 3 kamers en daar is 'n tuinkothuis. Al die eenhede het 'n en suite-badkamer. Die kamers kan elkeen 2 gaste akkommodeer, terwyl die kothuis tot 4 gaste kan akkommodeer. Geriewe in die kamers sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en 'n mikrogolf. Kamer 3 en 4 het 'n kombuisie wat ideaal is vir selfsorgverblyf. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Gaste kan gerus kom ontspan in die tuin en die swembad benut. Die hoofhuis is toegerus met 'n kaggel binne wat perfek is vir koue wintersnagte. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek van die straat af agter 'n geslote hek wat met 'n afstandbeheer beheer word.

39 On Nile Guest House is geleë naby Greenacres Hospitaal, Newton Park Swembad, Virgin Active, Greyhound Bushalte, Interkaap Bushalte en Translux Bushalte. Nelson Mandela Bay Stadion is minder as 3 km weg en Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe is minder as 9 km weg. Collegiate en Grey Hoërskool is minder as 3 km weg. Daar is 'n aantal aktiwiteite en besienswaardighede vir besoekers om te geniet, soos Bayworld, Donkin-reservaat, Gqeberha (Port Elizabeth) se strande en Boardwalk Hotel en Casino.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Edouard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 39 Nile Road, Perridgevale, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
  • Gaste dink 39 On Nile Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Nile Road, Perridgevale, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzN2UyYjdjLTA2Y2ItNGQyNS1hNTVhLTIxNDY4ZjZkM2NjYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 39 Nile Road Perridgevale 6025 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.94615 25.57875

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang