Successfully reported
+22

4 Rothman Street B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Rothman Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R908 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

4 Rothman Street B&B bied bekostigbare, gerieflike en ruim verblyf in 'n stil straat in 'n veilige area van Graaff-Reinet en stapafstand vanaf die winkels, museums en restaurante. Dit is ideaal vir gesinne, enkelreisigers, klein toergroepe en sakereisigers.

Verblyf word in 7 eenhede met slaapkamers, en suite-badkamers met storte ,en kombuisies met yskaste, ketels, mikrogolfoonde, eetgerei en breekware gebied.

Eenheid 1 beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen 2 enkelbeddens het, en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Eenheid 2 beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n enkelbed in die sitarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Eenheid 3 is 'n oopplan-kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook koffiemaakgeriewe in die eenheid. Eenheid 4 beskik oor 1 oopplan-kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Eenheid 5 beskik oor 2 en suite-slaapkamers, waarvan die eerste een 'n koninggrootte-bed het wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort. Eenheid 6 se slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens, 'n enkelslaapbank in die leefarea en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Eenheid 7 is 'n oopplan-kamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie eenheid het ook koffiemaakgeriewe.

'n Bababedjie kan op versoek by elkeen van die eenhede gevoeg word. Elke eenheid het WiFi, 'n TV met DStv, lugversorging en/of 'n waaier, en 'n verwarmer.

Ander geriewe sluit 'n wasgoeddiens op versoek, veilige parkeerplek op die perseel en die gebruik van die swembad in seisoentyd in die groot inheemse tuin in.

Voëlkyk, voetslaan, wildkyk of 'n uitstappie na nabygeleë Nieu Bethesda is alles die moeite werd. Gholfspelers het al kommentaar gelewer op die hoë standaard van die 9-putjie-gholfbaan. Historiese staptoere kan gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 148 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marie B
5.0
Ideal stop for overnight. Very comfortable. Affordable. Friendly. Quiet. Clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Jean-Pierre B
Gesin met klein kinders
5.0
Netjiese oornaggeriewe in 'n baie stil omgewing. Sien sterre.
Okt 2025
Bruno D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent stay. I'll return. Warm welcome, explained all the ins and outs. The room was clean and comfortable. Excellent mattress and p...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Jacqui D
Saam met lewensmaat
5.0
Great value for money, and perfect for overnight accommodation. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Nellie D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent accommodation. Very comfortable, clean and safe accommodation.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Judy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 148

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 4 Rothman Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink 4 Rothman Street B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 908
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 908
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 908
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Rothman Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZlYjUxZTExLTY3NTctNDExNS1hMTFlLTY1MmYwN2UxNmRhMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R908 per nag, vir 2 mense 148 5 1 5 4 Rothman Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.246326 24.530447

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang