46 Oyster Walk
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 50 Main Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R875 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
46 Oyster Walk is 'n kontemporêre selfsorgwoonstel in Knysna. Die sentrale ligging maak dit ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude klerekas, lessenaar en stoel. Die hoofslaapkamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad, en die tweede slaapkamer bied toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, koffiemasjien en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die sitarea langsaan het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai, sitplek en 'n gedeeltelike uitsig oor die strandmeer. Die woonstel is stapafstand vanaf die winkelsentrum, 'n rits ander winkels en die Knysna Waterfront. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Tommy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 50 Main Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink 46 Oyster Walk het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 50 Main Road, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang