Successfully reported
+39

505 Ocean View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean View, 36 Beach Road, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

505 Ocean View is 'n luukse selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die Ocean View-kompleks in Strand. Hierdie eenheid is op die strandfront en is ideaal vir 'n ontspanne wegbreek.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die gesinsbadkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dié woonstel het ook 'n gastetoilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei en breekware. Die kombuis het ook 'n ontbyttoonbank met 3 stoele. Die eetarea is ingerig met 'n etenstafel wat geskik is vir 4 gaste. Die sitkamer is ingerig met 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel en 'n TV.

Die woonstel het 'n omskakelaar wat die ligte, TV, Wi-Fi en yskas laat laat loop tydens beurtkrag. Gaste kan van die komplimentêre WiFi gebruik maak, 'n maaltyd op die patio geniet terwyl hulle 'n uitsig oor die see en die verre berge geniet of 'n duik in die gemeenskaplike swembad neem. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 269

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Ocean View, 36 Beach Road, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink 505 Ocean View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 200
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 200
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean View, 36 Beach Road, Strand, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ee7d701d29994bebe37dd27ac45c1977c1560fd5f8c0ae39ff176f82296556c6bce29916f0596c16813a0b33a32985f977d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 Ocean View 36 Beach Road 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 09:00 -34.124004473596 18.831660991402
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang