Successfully reported
+21

56 on Witfontein Self-catering Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 56 Witfontein Road, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

56 on Witfontein is 'n selfsorgvakansiehuis in George, 'n gewilde vakansiebestemming langs die kronkelende kus in die Wes-Kaap, aan die voet van die Outeniekwaberge. Dit bied 'n bekoorlike uitsig oor die Indiese Oseaan en is 'n uitstekende basis vanwaar gaste die Tuinroete en alles wat dit bied kan verken.

Verblyf beskik oor 2 eenhede wat die hoofhuis en 'n selfsorgwoonstel insluit.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en gaste gebruik 'n gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Dié eenheid spog ook met 'n binnebraai. Gratis WiFi is beskikbaar.

Woonstel 2 bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n wasmasjien. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste, terwyl die sitarea gemaklike stoele en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. 'n Weber-braai is buite beskikbaar.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 56 Witfontein Road, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink 56 on Witfontein Self-catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 56 Witfontein Road, Heatherpark, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08027283e09174f20d6b796cac422cb7f9fa06959c40db01b8bae5a868063013fa88d18550167b20a4c30f59e14faf3595eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 56 Witfontein Road Heatherpark 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.952253480094 22.422867456667

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang