Successfully reported
+11

57 Mark Street

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Mark Street, Prince Albert, Western Cape, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

57 Markstraat is 'n semi-losstaande, selfsorgkothuis in Prins Albert. Hierdie historiese huis is ongeveer 200 jaar oud en het sy oorspronklike, pragtige Oregon-dennehoutvloere, deure en vensters. Die rietplafonne hou die huis koel in die somer.

Hierdie bekostigbare kothuis met 3 slaapkamers bied slaapplek vir 6 mense en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, en die ander is toegerus met 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, yskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond. Daar is ook 'n eetkamertafel in die kombuis met 6 stoele en 'n houtstoof in die ou kaggel.

Die voorstoep kyk uit oor die groot, indrukwekkende ou kerk, en dan is daar 'n onderdak-buitesitarea langs die kombuis met 'n groot eetkamertafel en stoele, en 'n braai-area.

As jy opsoek is na verblyf vir 'n groot groep van tot 10 mense, kan 57 en 59 Markstraat saam verhuur word aangesien dit 2 eenhede is wat op een groot eiendom geleë is.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Volledige kombuis
Braai

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
3.6
Diens
4.1
Veiligheid
3.9
Gaste se hoogtepunte
Johan F
Saam met vriende
5.0
Naweek vol van goeie herinneringe! Netjies, skoon en sentraal geleë. Loopafstand na alles in die dorp. Ideaal vir waarvoor ons dit bespreek het, deeln...
Sien meer
Apr 2025
Gerrie V
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and close to everything. Lovely house with all necessary amenities. Close enough to walk around town. Friendly hosts and st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Daniel K
Gesin met klein kinders
5.0
Aangename, netjiese verblyf wat die atmosfeer van ouwêreldse dorp weerspieël. Heerlike, netjiese en bekostigbare verblyf met 'n baie gawe gasvrou.
Sep 2024
Chrisna E
4.8
Baie oulike huisie, goed toegerus en sentraal geleë in Prins Albert. Dankie vir jou vriendelikheid en dat jy ons so welkom laat voel het. Jul moet dal...
Sien meer
Jul 2024
Virginia B
4.4
Lekker 250 jaar oue huis. Lekker agterstoep kuierplek. Baie vriendelike kliëntediens. Ou huis met baie herinneringe.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Yolande Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 43

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 57 Mark Street, Prince Albert, Western Cape, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink 57 Mark Street het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 700
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 700
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 700
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Mark Street, Prince Albert, Western Cape, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU0NDBmNjBiLTk4MDAtNDc4Yy1hMzdjLTY5Y2JlNGJlYmY2Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag, vir 6 mense 16 5 1 4 57 Mark Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.227616471666 22.029649019237

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang