6 Olives on Third
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Vanaf R990 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
6 Olives on Third is in Linden, Johannesburg, geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie, sakereisiger of gesinne. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante en hospitale.
The 6 Olives on Third - Woonstel, geleë op 'n residensiële eiendom, beskik oor 1 slaapkamer en kan tot 2 gaste op 'n slag akkommodeer. Die slaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Die 6 Olives on Third - Huis beskik oor 3 slaapkamers, die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, elk met 'n stort en 'n bad.
Tree Tops on 60 het slaapplek vir 4 gaste en is op die 1ste vloer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n badkamer met 'n stort. Dié eenheid het 'n aparte slaapkamer met 'n slaapbank wat in 'n dubbelbed of in 2 enkelbeddens omskep kan word. Dié eenheid kyk uit oor die tuin.
Hierdie eenhede beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en sitarea wat lei na 'n tuin met 'n patio en braaigeriewe.
Gaste kan ook komplimentêre WiFi tydens hul verblyf geniet. Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Die lieflike Emmarentiadam, sowel as die Botaniese Tuine, is gerieflik naby die verblyf geleë. Verskeie restaurante en winkels is ook naby.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ronel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 51
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
- Gaste dink 6 Olives on Third het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 60 Third Street, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang