612 @ Leisure Bay
Kry 30% af vir verblyf voor 16 Desember 2025. Bespreekbaar tot 30 Okt 2025
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 783 Bayside Road, Erasmus Park, Pretoria, 0048, Gauteng
-
Vanaf
R745R522 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
612 @ Leisure Bay is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Erasmuspark, Pretoria. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n paartjie of vriende wat die gewoel van die stad wil ontsnap.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n ontbytkroeg met stoele en 'n sitkamer met gemaklike sitplek asook 'n platskerm-TV. Vir diegene wat bietjie werk wil kry, is 'n lessenaar en gratis WiFi beskikbaar.
Buite is daar 'n oulike balkon met 'n tafel en stoele, asook 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy oor die dam uitkyk. Die ligging van hierdie kompleks is naby winkelsentrums en hoofweë. Gaste kry veilige parkeerplek in die kompleks.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Susan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 783 Bayside Road, Erasmus Park, Pretoria, 0048, Gauteng
- Gaste dink 612 @ Leisure Bay het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 783 Bayside Road, Erasmus Park, Pretoria, 0048, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang