7 on Ocean View
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of St Francis Street and De Reyger Street, Ocean View 7, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
7 on Ocean View is 'n lieflike selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Jeffreysbaai. Dit is ideaal vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende aangesien dit 'n uitsig oor die see in die verte bied en naby die middedorp is.
Hierdie woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n stapelbed in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware sowel as 'n wasmasjien toegerus is. Dit lei na 'n knus sitarea met 'n dubbelslaapbank en 'n TV.
Verder het die woonstel 'n balkon met buitesitplek en 'n Weber-braai. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in die kompleks. Die ligging van die kompleks is naby al die winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Lionel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Corner of St Francis Street and De Reyger Street, Ocean View 7, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink 7 on Ocean View het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of St Francis Street and De Reyger Street, Ocean View 7, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang