Successfully reported
+19

75 Edensands

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: 42 Middelton Road, Eden Sands 75, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

75 Edensands is 'n selfsorgwoonstel vir 5 gaste in Winklespruit, Kingsburgh.

Dié tweeslaapkamerwoonstel is op die grondverdieping en het 'n gedeeltelike 180°-uitsig oor die see. Een van die kamers het 'n dubbelbed en die ander het 'n tripel-stapelbed. Die kamers het elk 'n plafonwaaier en deel 'n badkamer wat 'n stort het. Gaste moet asb. hul eie handdoeke, toiletpapier en toiletware saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas en toonbank toegerus.

Die sitarea het 'n uitsig oor die see en het 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saam te bring om nog DStv-kanale te kan kyk.

Die woonstel word daagliks skoongemaak en die skottelgoed kan teen 'n ekstra fooi gewas word. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien en toegang tot die kompleks word beheer en sekuriteit is na 18:00 beskikbaar.

75 Edensands is 600 m van die strand af en net 900 m van die getypoel en rotse af waar gaste kan visvang.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jaco K
Gesin met tieners
5.0
Awesome. Ons het baie lekker gebly. Was baie rustig en mooi. Ons volgende vakansie is definitief weer by Eden Sands.
Okt 2025
Mariette G
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Baie skoon en netjies, stil en rustig. Sal weer boek om daar te bly.
Jun 2025
Jandre B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker vakansie. Baie netjies en skoon. Ons het baie lekker gebly en sal beslis aanbeveel. Loopafstand vanaf strand en lekker swembad. Skoon en n...
Sien meer
Jan 2025
Melanie O
Gesin met tieners
4.8
Heerlik! Skoon verblyf in 'n netjiese kompleks. Met alles wat nodig is. Pragtige uitsig oor die see. Dankie 75 Edensands!
Jul 2025
Willie B
Gesin met klein kinders
4.0
Lekker. Baie geniet rustig en netjies. Net parkering is baie moeilik met op- en aflaai van bagasie.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 42 Middelton Road, Eden Sands 75, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 75 Edensands het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: 42 Middelton Road, Eden Sands 75, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16SoNYxfAZjDvpPqC86Tx5QP37NEINxd7xbHfPuaaD96xrt6Pz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 5) 19 5 1 5 42 Middelton Road Eden Sands 75 4126 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-15:00 08:00 -30.099757 30.85875

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang