Successfully reported
+16

8 Breach Street

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Breach Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

8 Breach Street is 'n selfsorg-vakansiehuis in Plettenbergbaai, net 250 m vanaf die bekende Wedge-strand via 'n privaat voetpaadjie.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele en 'n waskamer op dié verdieping. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n platskerm-TV teen die muur en toegang tot 'n stoep waar gaste kan sit en skemerkelkies geniet of om die vuur kuier.

Die vermaakarea is op die eerste verdieping met 'n gastetoilet. Dié verdieping het 'n speletjieskamer met 'n pool-tafel en toegang tot 'n sonnige houtdek. Die eetkamer het ook toegang tot die dek.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Sally Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 8 Breach Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink 8 Breach Street het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 750
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 4 750
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Breach Street, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1af5c883c8ff44843160227c15c30720e72446fc4c7804c3e040c71c4627372403b512bd8e1344f48aebd39fe69aa97c497f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 750 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 8 Breach Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.054847 23.375715

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang