Successfully reported

802 Ocean View Luukse Vakansie Akkommodasie

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Almare S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Mooi, skoon, view is beautiful. Dit is 'n beautiful plek, sal enige tyd weer gaan. Daar kort net 'n spieël in die hoof slaapkamer en 'n wynopmaker. Maar andersins is dit 5 ster. Was vir ons 'n plesier om daar te bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois C
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Baie gelukkig met akkommodasie - sal beslis weer oorweeg! Lekker sentrale verblyf. Skoon, netjies en veilig. Sekuriteit is vriendelik en behulpsaam. Kinders se versoek was - tydens sonnige dae, kan die swembad nie dalk verhit word met water/sonpanele nie? Die swembad is amper kouer as die see. Dit sal die beskrywing van die akkommodasie - "802 Ocean View "luukse" vakansie akkommodasie" beter ondersteun as die swembad temperatuur net effe kan verhoog. Eenheid kort asb. 'n kurktrekker/bottelopmaker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanlie
802 Ocean View Luukse Vakansie Akkommodasie
Beste Francois Baie dankie vir jou resensie, ons waardeer opreg jou terugvoering. Ons sal verseker om 'n kurktrekker/botteloopmaker in die woonstel beskikbaar te stel. Ons vra om verskoning vir die ongerief. Ons het jou voorstel vir die sonpanele deurgestuur na die Bestuur van Ocean View vir oorweging en hul terugvoering was as volg : "Ons het so 'n voorstel in die verlede ontvang en moontlike oplossings ondersoek. Son verhitting gaan ongelukkig nie werk nie, aangesien die afstand van waar die dak, waar die verhitting geplaas kan word, te ver geleë is vanaf die swembad en die swembad se volume is te groot om so iets te laat werk." Baie dankie dat julle hier by ons tuis was. Ons sien baie daarna uit om julle weer in die toekoms te verwelkom. Vriendelike groete, Hanlie

Adele D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Fantastiese uitsig op die see en berg! Ons het heerlik gebly en die mooi uitsig op die see was 'n groot bonus. Die woonstel is baie goed toegerus met alles wat nodig is. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Duncan B
Lang verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Sep 2025

Stil, veilig, mooi uitsig. Ons het ’n aangename verblyf gehad. Die uitsig is asemrowend en ek het elke oggend my koffie op die balkon geniet. Daar is 24-uur sekuriteit by die ingang en hulle was altyd baie vriendelik en behulpsaam. Die gebou is lekker stil en ons het geen hinder van die wind gehad nie. Die Wi-Fi is puik! Die woonstel word as ‘luuks’ geadverteer, maar dit voel meer soos ’n driester-hotel wat beter dae gesien het. Die gebou self is luuks, maar die woonstel het baie agterstallige onderhoud en dit voel ongeliefd. Ons het onsself ’n paar keer gestamp teen die meubels in die sitkamer, so dit is nie so veilig vir klein, besige kinders of ouer mense nie. Die ontwerper-krane is nogal interessant — dit voel soos Russiese roulette wanneer jy dit gebruik, want jy weet nooit of daar koue of warm water gaan uitkom nie. Elke kraan werk anders en die aansluitings van warm en koue water is nie konsekwent nie. Die parkeerplek is baie klein, maar ons kon gelukkig op die besoekerparkeerplekke parkeer. Ek was verbaas dat ek weer vorms en ’n skadeloosheidsvorm moes onderteken, terwyl die webtuiste reeds al my inligting het en ek dit nog nooit by ander besprekings van die webtuiste teengekom het nie. Die woonstel het ’n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof/oond en mikrogolfoond, maar is verder maar suinig ingerig vir ’n luukse woonstel. Ek was nogal onsteld toe ek nie ’n kurktrekker in die laai kon vind nie… Ek sit nou in ’n ander woonstel op Beach Road wat in dieselfde prysklas val en kan dus ’n mooi vergelyking tref. Hier twyfel ek nie aan die ‘luuks’ nie — en hier is sommer twee kurktrekkers! Die woonstel, soos dit tans is, is great vir ’n lekker somervakansie, maar te duur vir wat jy kry. Met ’n bietjie onderhoud en liefde kan dit ’n besonderse vakansieplek wees. (Ek stuur die beheerder ’n oorsig van die agterstallige onderhoud.)

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Rina F
Kort verblyf
5.0
Feb 2024

Ontspanne, wegdroomdae met 'n fantastiese uitsig. Ons het heerlik gebly! Rustig, skoon en goed toegerus. Die uitsig is asemrowend! Goeie, veilige parkering en 24 uur sekuriteit by die voordeur maak dat jy veilig voel. Die kontak met was hartlik en vriendelik. Ons kom graag weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hein N
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2024

Son, see en ongelooflike sonsondergange! Ja, dit was baie lekker. Die woonstel is puik en reg by die see, stap afstand van alles af, selfs 'n nabye Woolies!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Avril A
Kort verblyf
5.0
Aug 2023

I booked the apartment for family members and they were so happy with the apartment. I would recommend 802 Ocean View to friends and family and even people I do not know, as the furniture, cleanliness and fantastic views were all exceptional. Thank you.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanlie
802 Ocean View Luukse Vakansie Akkommodasie
Dear Avril We thank you for your review. We look forward to welcoming your Family back again. Kind regards Hanlie

Tollie O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Mei 2023

Baie nice, uitstekende view. Balkon is baie klein en gasbraai sou 'n bonus wees. Ons verkies akkommodasie met 'n see-uitsig en 'n Jacuzzi of 'n hot tub wat ook 'n see-uitsig het. Privaatheid is hoog prioriteit.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 22

Resensies 268

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 36 Beach Road, Ocean View 802, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfa97f08545abd655af2e4ac11405d612d248575f246543ca12776c32f382a8957a4c03a67497bc84e362522e235b0f70901a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 36 Beach Road Ocean View 802 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -34.123707418637 18.831567740476
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang